Wild se eetgewoontes en spysverteringskanale verskil binne 'n bepaalde omgewing soveel van mekaar dat aanvulling gerig op een spesie onmoontlik is.

Waar ons dus deesdae wild in 'n beperkte gebied aanhou, het dit noodsaaklik geword om 'n lekblok te ontwikkel wat vir alle wildspesies voordelig is en wat nie duur is nie.

WILDSLEKBLOK (energie - proteÔene)
Om 'n ideale wildsblok spesifiek vir verskeie soorte wild in een habitat te ontwikkel het ons gaan hulp soek by 'n wÍreldbekende voedingskundige Dr. Hinner KŲster wat 'n vooraanstaande kenner is in die samestelling van aanvullende voedsel vir herkouers.
Van die begin het sekere praktiese beperkings hulle in die gesig gestaar. Eerstens bestaan herkouerwild uit vele verskillende groot en klein spesies. Verder word hulle geklassifiseer as weiers, blaarvreters en verskillende ander vreters in gelang van hul voorkeur vir gras, blare en houtagtige plantsoorte of 'n kombinasie van die verskillende plantmateriale. Saam met herkouerwild loop daar ook verskeie nie-herkouende wildspesies soos renosters, olifante, bosvarke, vlakvarke, zebra's en seekoeie.

Om 'n lekblok spesiaal vir elke spesie te ontwikkel sou onprakties wees. Een tipe lekblok moes ontwikkel word wat vir alle soorte wild aanvaarbaar is en hulle sou voorsien van die nodige energie, proteÔene, minerale en spoorelemente. Die samestelling van die lekblok moes dus die voordele vir herkouers inhou maar ook veilig vir die nie-herkouende diere wees. Dit moes voorsien in die nodige rumen degradeerbare proteÔene wat nodig is vir die optimale gebruik van die droŽveld in die vorm van natuurlike proteÔene voedselbronne bv. Oliekoek en lusern. 'n Klein persentasie nie-proteÔen stikstof is bygevoeg om tesame met die natuurlike proteÔene te help om die mikrobes in die grootpens van herkouerwild te stimuleer om hulle in staat te stel om op 'n meer koste effektiewe wyse die droŽ veselagtige plantselle te kan verteer. Lusern het 'n verdere doel, dit lok die wild na waar die blokke uitgeplaas word.

Wild raak baie gou gewoond aan die blokke en kan soms nie wag dat daar vir hul blokke uitgesit word nie. Deur die blokke op verskillende hoogtes van die grond af te plaas, kan ook meer beheer oor die inname vir sekere wild spesies van verskillende grotes uitgeoefen word. Die Wildslekblok is geformuleer vir smaaklikheid, verhoogde prestasie en bekostigbaarheid. Baie wildspesies is skaam en het 'n sensitiewe smaak, maar die meeste spesies insluitend Steenbok, Duiker, Nyala, Impala, Koedoe, Kameelperd, Eland, Zebra, Wit Renoster en selfs Olifante vind die Lekblokke baie aanvaarbaar.
PARASIET LEKBLOK (slegs op spesiale aanvraag)

Hierdie Lekblok beskik addisioneel oor medikasie, wat ontwikkel is deur 'n vooraanstaande vervaardiger/verspreider van diere gesondheidsprodukte, om beide innerlike en uiterlike parasiete te beheer.

Hierdie Parasiet Lekblok was met tien boerbokke getoets. Die boerbokke is in twee groepe van vyf elk verdeel. Die een groep is met parasietblokke gevoer terwyl die tweede groep nie daarby toegelaat is nie. Die effek wat die parasietblok op die inwendige en uitwendige parasiete gehad het, het almal (insluitend die vervaardiger / verspreider van die parasietbeheermiddels) se verwagtinge oortref.

Twee weke nadat die blokke uitgesit is het die bosluise op die boerbokke wat aan die parasietblokke gevreet het, gevrek. Ses weke later is een boerbok uit elke groep geslag en die bok uit die groep wat toegang tot die parasietblok gehad het was skoon van enige parasiete of parasieteiers.

Die Parasietblok is nie geregistreer vir die beheer van parasiete op wild nie. Om dit te doen moet toetse en registrasie vir elke wildspesie gedoen word wat 'n redelike koste tot gevolg sal hÍ.

Die Parasiet Lekblokke word slegs van die hoogste kwaliteit bestanddele vervaardig en word gebind met vloeibare melasse wat addisioneel vir smaaklikheid dien.
AALWYN LEKBLOK
Sommige wildboere voer hul wild aalwyn, weens die bewering dat dit die diere se bloed bitter maak en sodoende voorkom dat parasiete en bosluise op die diere teer. Ons wil ons nie uitlaat oor die bewering nie, maar as daar persone is wat blokke wil bekom met aalwyn, sal ons dit vervaardig teen dieselfde prys as die Anti-Tannien blok.
ANTI-TANNIEN LEKBLOK (slegs op spesiale aanvraag)

Wildboere is goed bewus van tannienvergiftiging wat veroorsaak word deur die vreet van sekere blaarsoorte. Dit is veral skadelik vir die groter blaarvreter soos die Koedoe.

Tannien onderdruk die fermentasieproses wat veroorsaak word deur saamlewende organismes in die grootpens. Die vertering van die plantselwande deur die grootpensmikrobes word hierdeur verhinder. Wild eet normaalweg nie blare met 'n hoŽ tannieninhoud nie - ingeperkte weiding op wildplase dwing wild egter om tydens droŽ seisoene 'n abnormale hoŽ tannieninhoud in te neem, wat diere nadelig beÔnvloed. Op spesiale versoek, en teen 'n baie billike prys, kan ons spesiale bestanddele by die lekblokke voeg wat die negatiewe effekte van tannien in die maag teenwerk. 

Hierdie Lekblokke het reeds bewys dat hulle:
∑ Tanienvergiftiging teenwerk
∑ 'n HoŽ voedingswaarde vir wild het.
∑ Baie smaaklik vir wild is en gesonde, vrugbare, en wild in goeie kondisie verseker.
FOSFAAT LEKBLOK
Die meeste natuurlike weidings in Suid-Afrika is relatief laag in fosfaat. Gedurende die reŽnseisoen is die behoefte aan fosfaat heelwat hoŽr aangesien weidende diere dan ook gewoonlik kleintjies langs hul sy het. Die Fosfaat Lekblok bevat addisionele swael (is hoog in fosfaat) wat die omskakeling van NPN in groen gras na proteÔene bevorder. Voergraad swael in die fosfaat blokke is ook 'n voorkomende maatstaf teen blousuurvergiftiging in verwelkte weiland. Die fosfaat help verder vir die ontwikkeling van die beenstruktuur van jonger wild wat nog besig is om te groei, en speel 'n belangrike rol in energie metabolisme prosesse. Die Fosfaat Lekblok bevat ook heelwat meer energie as ander tradisionele fosfaatblokke wat aanvullend tot die energie van weiding dien.
Handleiding
Klik hierop om die handleiding oor die meeste van ons produkte af te laai. Dit is 'n MS Word 97 lÍer wat in ZIP-formaat gekompakteer is.

Klik hierop om Winzip 8.0 af te laai.